Groot Moskee van Samarra | ||
![]() | ||
Die moskee se minaret. | ||
Ligging | Samarra, Irak | |
Voltooi | 851 | |
Status | Verwoes (behalwe minaret) | |
Spesifikasies | ||
Minarethoogte | 52 m |
Die Groot Moskee van Samarra was ’n 9de-eeuse moskee in Samarra, Irak. Dit is in 851 deur die Abbasidiese kalief Al-Moetawakkil voltooi. Dit was ’n tyd lank die grootste moskee in die wêreld; sy minaret, die Malwiya-toring, is ’n spiraal van 52 meter hoog en 33 meter breed by sy basis, met ’n trap om.[1][2]
Die moskee het deel gevorm van ’n uitbreiding van die stad na die ooste.[3] Dit het 17 paadjies gehad en die muurpanele was mosïekwerk van donkerblou glas. Die Moskee van Ibn Tulun in Kaïro, Egipte, is in ’n groot mate op die Samarra-moskee geskoei.[4]
Die moskee self is in 1278 verwoes ná die inval van Hülegü Khan in Irak. Net die buitemuur en sy minaret het bly staan.[5] Dit was aanvanklik met ’n brug aan die moskee verbind.
In 2005 is die bopunt van die Malwiya-minaret deur ’n bom beskadig. Volgens die Irakse polisie het rebelle die bopunt opgeblaas wat voorheen deur Amerikaanse soldate as ’n uitkyktoring gebruik is; die soldate het egter die maand tevore die toneel verlaat.[6][7]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search